Joshlin se verjaardag is hartroerend gevier
- Ilde Roos

- Oct 24
- 1 min read
ʼn Hartroerende herdenkingsdiens met ʼn spesiale verjaardagliedjie, ʼn boom van hoop, kerse en wit ballonne.
Só het die gemeenskap van Diazville in Saldanha aan die Weskus gister die dogtertjie met die blougroen oë en ligte vel se agtste verjaardag gevier. Joshlin Smith het op 19 Februarie verlede jaar uit die Middelpos-informele nedersetting verdwyn en word ná ʼn grootskaalse soektog steeds vermis.
Maroela Media berig leerders en personeellede van Diazville Primêre Skool het in die skool se vierkant bymekaar gekom om haar verjaardag te vier. Die leerders het self handgeskrewe briefies vir haar geskryf.
Die skoolhoof, Lee-Ann Davids-Hartzenberg, sê sy glo steeds dat Joshlin eendag veilig terug sal kom en dat sy steeds deel is van die Diazville-familie.
Sy voeg by tot die dag wat Joshlin gevind word, sal hulle aanhou om haar lewe te eer en te vier.



Comments