Joshlin Smith: Veroordeeldes wil teen vonnisse appelleer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 19, 2025
- 1 min read
Die drie veroordeeldes in die vermisde Joshlin Smith se ontvoeringsaak se regspanne het kennisgewings ingedien vir verlof om teen hul skuldigbevindings en vonnisse te appelleer..
Joshlin se ma, Kelly Smith, en haar medebeskuldigdes, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan ontvoering en mensehandel.
LEES MEER:
ʼn Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Eric Ntabazalila, sê hulle het die kennisgewings ontvang.
Die nasionale vervolgingsgesag wag nou vir ‘n datum vir die aanhoor van die aansoeke.






Comments