top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Joslin Smith-verdwyningsaak uitgestel

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 16, 2024
1 min read

Die saak teen vier beskuldigdes in die verdwyning van Joslin Smith is tot 21 Oktober uitgestel.

Die groep, insluitend die sesjarige se ma, Kelly Smith, en haar kêrel, Jacquen Appollis, het Maandg vlugtig in die Vredenburg-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn.

Hulle staan tereg op aanklagte van ontvoering en mensehandel.

Joslin het byna sewe maande gelede uit haar huis in Saldanhabaai vermis geraak.

Die hof het die saak vir verdere ondersoek uitgestel.

 
 
 

Comments


bottom of page