Jou daaglikse kaffeïen-bederfie kan nou goedkoper word
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 9
- 1 min read
Dalende wêreldpryse vir koffie behoort goeie nuus te wees vir Suid-Afrikaners wat die afgelope paar jaar al hoe dieper in die sak moes delf vir hul daaglikse koppie boeretroos.
Business Tech berig die Wêreldbankgroep se jongste prysindeks toon dat pryse in die tweede kwartaal van 2026 begin afneem het tot sowat 'n derde laer as 'n jaar gelede. Gevolglik behoort pryse wêreldwyd af te neem, met minimale ontwrigting as gevolg van die konflik in die Midde-Ooste.
Volgens Agbiz se hoofekonoom, Wandile Sihlobo, het Suid-Afrikaanse koffiedrinkers rede om fees te vier. Hy sê Suid-Afrika is 'n netto invoerder van koffie en het oor die afgelope vyf jaar gemiddeld sowat 23 921 ton koffie per jaar ingevoer.
Volgens die Wêreldbank se data verbeter oeste in koffieproduserende lande namate weersomstandighede gunstiger geword het.








Comments