top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Jou SA F1 Grand Prix-bod kan ingedien word

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 19, 2025
  • 1 min read

Partye wat belangstel om deel te neem aan Suid-Afrika se bod om ‘n Formule Een Grand Prix in 2026 en daarna aan te bied, kan nou hul bod indien. Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het aangekondig dat die bodbestuurskomitee die versoek-dokument vir belangstellende partye vrygestel het. Die minister se woordvoerder, Stacey-Lee Khojane, sê die dokument verskaf gedetailleerde voorwaardes, insluitend die minimum vereistes en verwagtinge vir belangstellendes. Die dokument is beskikbaar vir aflaai op die departement se amptelike webwerf. LUISTER:

 
 
 

Comments


bottom of page