top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kaapstad se rekordvoorbereidings beloof ’n veilige feesseisoen

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 5, 2024
  • 1 min read

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, is oortuig dat vakansiegangers hierdie feesseisoen die veiligste vakansie ooit sal hê, veral wanneer hulle in gemerkte swemareas afkoel. Nuusflits berig dat meer as 680 lewensredders diens sal verrig by die Wes-Kaapse swembaddens en strande. Die burgemeester voeg by dat die lewensredders slegs deel uitmaak van 5 000 personeellede wat veiligheid regoor Kaapstad gaan verseker. Dit is dan ook ’n rekordgetal vir die stad. Die ekstreme voorbereidings word geregverdig deur die rekordgetal verwagte besoekers gedurende die feesseisoen. Dit gee die plaaslike ekonomie ’n hupstoot en ondersteun tienduisende werksgeleenthede.

 
 
 

Comments


bottom of page