top of page

Kabel-diewe ontvang ‘n swaar straf

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 26
  • 1 min read

Twee mans wat noodsaaklike Transnet- kabels, ter waarde van R56 000 gesteel het, is in die Bloemfontein-streekshof tot direkte tronkstraf gevonnis. Volgens Maroela Media is die twee effektief tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan die diefstal van en peuter aan noodsaaklike infrastruktuur. Die aanklagte spruit uit ʼn voorval van September 2022 toe veiligheidswagte die beskuldiges op heterdaad betrap het waar hulle seinkabels uit ʼn mangat gesteel het. Hulle, saam met twee ander verdagtes, is vroeër borgtog toegestaan maar die ander twee het nooit na die hof teruggekeer nie. Die Staatsaanklaer het aangevoer die misdade was nie net ‘n direkte aanval op openbare infrastruktuur nie maar ook op die land se ekonomie.

 
 
 

Comments


bottom of page