top of page

Kabeldiefstal by 'n VS lughawe berokken groot skade

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 6 days ago
  • 1 min read

Onlangse kabeldiefstal by die Welkom-lughawe in die Vrystaat het groot skade berokken aan 'n projek van R3 miljoen. Vista berig twee verdagtes is in hegtenis geneem en het in die Welkomse landdroshof verskyn.


Rosestad-nuus se Riaan Schoeman verduidelik verder vliegkundige Brian Emmenis sê dié lughawe is ideaal geposisioneer vir loods-opleiding, en baie vliegskole gebruik die lughawe vir nag-opleiding.


LUISTER:


Riaan Schoeman

TRANSKRIPSIE:

Emmenis sê dit is hoofsaaklik omdat die lugruimte bokant Welkom skoon is, en in die meeste gevalle is die weerstoestande gunstig vir studente-loodse. Die weermag het ook onlangs die lughawe vir opleiding begin gebruik. Hy voeg by dat dié kabeldiefstal reddingsloodse se lewe in gevaar stel wat in die middel van die nag hier land om pasiënte op te laai vir hospitaal-oorplasings. Die lug-ambulansdienste benodig behoorlike beligting vir opstyg en land, en dit is nou verlore.


Emmenis verduidelik die ligte was van so 'n aard dat loodse dit kon aanskakel soos hulle die aanloopbaan nader, en dit outomaties laat afskakel soos hulle opstyg.


FOTO: Vista
FOTO: Vista

Comments


bottom of page