top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kamma-heuning word van winkelrakke verwyder

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 10, 2025
1 min read

Nie net is die verkoop van kamma-heuning misleidend nie, dit is ook onwettig.


Dus het die Departement van Landbou in ‘n onlangse klopjag byna 650 bottels van winkelrakke verwyder.


Maroela Media berig om produsente te beskerm moet heuning aan streng vereistes voldoen.  


Die Wet op Landbouprodukstandaarde bepaal dat heuning 100% suiwer moet wees.


Met ander woorde sonder enige bygevoegde suikerstroop, kleurmiddels of ander bymiddels, ook mag die etikettering en verpakking nie misleidend wees nie.


Inspeksies om onwettige of misleidende produkte van die mark te verwyder duur voort.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page