Kannie is toe nié dood van kruiwa stoot – hy is nou jou Uber!
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 3 hours ago
- 1 min read
Wanneer die petrolprys jou hard tref, moet jy kreatief raak – en Themba Robin het “brandstofdoeltreffende reis” na ’n nuwe vlak geneem!
Good Things Guy berig Robin, 'n komiese inhoudskepper van Johannesburg, het onlangs ’n skreeusnaakse skets geplaas wat sy kreatiewe nuwe benadering tot e-ritdienste wys – sonder die stres van brandstof.
In die video word hy gesien waar hy ’n kruiwa met 'n Uber-handelsmerk stoot en stop om sy volgende kliënt op te laai vir hul rit – wat meer as bereid was om in te klim en gestoot te word tot by hul bestemming.
Robin skerts en sê petrolpryse laat ons doen wat ons moet om deur te kom. Die plasing is reeds meer as een miljoen keer op Facebook gekyk.
Kyk die video hier.








Comments