top of page

KANOVAART: 2025 Bergrivier marathon begin in die Paarl

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 2, 2025
  • 1 min read

Die 2025 Bergrivier-kanomarathon het Woensdag in die Paarl weggetrek waar roeiers die 240km afstand tot in Velddrif gaan aandurf. Een van die Bergrivier legendes die 84-jarige Jannie Malherbe het ook aangetree en is hoopvol om dit vir die 52ste keer suksesvol af te lê. “Oom Jannie” het in 1962 aan die heel eerste wedvaart deelgeneem en sê die vier dae op die rivier is soos ‘n vakansie waar hy ‘n wegkomkans geniet weg van mense af, die werk en selfone. Wat vanjaar se marathon vir die oudste deelnemer nog meer merkwaardiger maak is dat hy dit met ‘n gebreekte rib gaan aanpak. Die 62ste Bergrivier eindig Sondag.

 
 
 

Comments


bottom of page