Kansa open ‘n AYA-kamer in Bloemfontein
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 15
- 1 min read
Bloemfontein het nou 'n toegewyde AYA-herstelkamer vir jong kankerpasiënte tot die ouderdom van 24 jaar.
Luidens ‘n mediaverklaring het Kansa TLC – Tough Living with Cancer - die kamer by die Kansa Olea Katleho Sorgtuiste geopen.
Dit skep 'n meer ondersteunende en ouderdomsgeskikte omgewing vir adolessente en jong volwassenes tydens kankerbehandeling.
Die kamer beskik onder meer oor 'n studiehoekie sodat pasiënte met hul skoolwerk of studies kan voortgaan, terwyl daar ook plek is vir 'n versorger om te oornag.
Volgens Kansa is dit die tweede AYA-herstelkamer in Suid-Afrika, en die eerste jong pasiënt het reeds daar ingetrek.








Comments