top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kby se trem loop dalk weer

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 11
  • 1 min read

Die bekende historiese trem van Kimberley sal na verwagting glo teen die einde van vanjaar weer in gebruik wees.


Vertragings weens verkrygingsprosesse is iets van die verlede en ‘n professionele konsultasiespan is aangestel wat die weg baan vir die uitvoering van die konstruksie- en restourasiefase om dié trem weer op spoor te kry.


Nova News berig die trem is reeds vir talle jare buite werking weens tegniese agteruitgang en verouderde infrastruktuur, en staan tans onder ‘n skadunet toegemaak. Die burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit, Martha Bartlett, sê die Kimberley-trem is meer as net ‘n historiese vervoermiddel; dit is ‘n gekoesterde simbool van die stad se ryk erfenis en ‘n belangrike bate met die potensiaal om toerisme te bevorder, ekonomiese aktiwiteit te stimuleer en Kimberley se unieke geskiedenis te vier.


Die munisipaliteit sê op grond van die ingenieurskonsultante se beoordeling is die inwerkingstelling van die trem teen Desember haalbaar.


Omdat die trem stadig ry en ‘n oop voertuig is, sal tremveiligheid- en munisipale vredesbeamptes aangestel word, sê die munisipaliteit. Hulle sal op die trem en by spesifieke punte ontplooi word. ‘n Trembestuurder en twee assistente sal ook op die trem diens doen.


FOTO: Nova News
FOTO: Nova News

 
 
 

Comments


bottom of page