Kellnerstraat sien rooi oor skielike rooi strepe
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 day ago
- 1 min read
Ondernemings in Kellnerstraat in Westdene in Bloemfontein is moedeloos oor die skielike beperkte parkeerplek in die straat nadat 'n kontrakteur aanpassings gemaak het op ‘n verkeersroete van die munisipale busdiens Hauweng. Die kontrakteur het namens die Mangaung-metro die werk gedoen.
BloemnuusExpress berig Bezuidenhouts-prokureurs sê hul en ander ondernemings se parkering is destyds volgens die munisipaliteit se bepalings ingerig sodat klante wat nie binne kan stilhou nie, in die straat stop. Hulle sê daar is nou skielik 'n rooi streep geverf wat parkering verbied.
Hulle sê daar is ook ‘n ekstra baan geverf vir die busse, wat nie daar sal kan ry nie aangesien die pad ongelyk is weens die besighede se opritte. Daar is ook talle ou bome op die sypaadjies wat oorhel en dit onmoontlik maak vir busse om te ry.
Die Mangaung-metro het nie op navrae gereageer nie.








Ek werk by Bezuidenhouts Prokureurs en dis n nagmerrie. Almal moes skielik ander parkering kry. Dis nou soos n 5 baan pad.