top of page

Kelly Smith sal eersdaags haar lot aanhoor

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 23
  • 1 min read

Die drie persone wat skuldig bevind is aan die ontvoering en verkoop van Joshlin Smith sal na verwagting volgende week op Saldanha gevonnis word. Maroela Media berig regter Nathan Erasmus het Vrydag in die Kaapstadse hooggeregshof gesê die datums van 27 en 28 Mei is aangeteken vir betoë ter strafverswaring en -versagting. Kelly Smith, Joshlin se ma, Jacquin “Boeta” Appollis en Steveno “Stefe” van Rhyn sal op 29 Mei gevonnis word. Die staat sal na verwagting kenners op die gebied van mensehandel roep om te getuig en die verdediging sal verslae indien van maatskaplike werkers en amptenare van korrektiewe dienste. Daar sal ʼn afsonderlike verskyning wees om te bepaal of Lourentia (Renz) Lombaard, die staat se hoofgetuie in die Joshlin Smith-saak, kwytskelding gaan kry.

 
 
 

Comments


bottom of page