Kelly Smith se aansoek om verlof tot appèl teen haar vonnis word aangehoor
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 12, 2025
- 1 min read
Terwyl die vermiste Joshlin Smith steeds nie gevind is nie, gaan haar ma, Kelly Smith, saam met Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn weer in die hooggeregshof in Kaapstad verskyn.
EWN berig hul aansoek om verlof om hul vonnisopleggings te appelleer sal aangehoor word. Die drie is einde Mei tot lewenslange tronkstraf vir mensehandel gevonnis, en tien jaar vir ontvoering.
Joshlin was ses jaar oud toe sy in Februarie 2024 verdwyn het. Polisie het laat in Julie op 'n wenk gereageer, maar sy steeds nie gevind nie. Die soektog duur voort.
Die polisiekommissaris van die Wes-Kaap, Thembisile Patekile, bevestig hulle werk saam met Interpol en ander polisie-agentskappe in die wêreld.






Comments