top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kenia teken nog ’n Ebola-geval aan

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
7 days ago
1 min read

Kenia het nog ’n Ebola-geval bevestig, wat die land se totale aantal besmettings op agt te staan bring.


Volgens die direkteur-generaal van gesondheid, Patrick Amoth, is die jongste pasiënt nie ’n gesondheidswerker nie.


Die man het die naweek koors, hoofpyn en spierpyn ontwikkel.


Amoth sê die pasiënt is waarskynlik blootgestel aan Kenia se eerste Ebola-geval, wat vroeër vandeesmaand aangeteken is.


Die eerste pasiënt was ’n man wat van die Demokratiese Republiek die Kongo na Nairobi gereis het en in die hospitaal gesterf het.


Ter illustrasie. FOTO: EWN
Ter illustrasie. FOTO: EWN

 
 
 

Comments


bottom of page