Kenia werk hard om die Ebola-uitbreking te beveg
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 5
- 1 min read
Die president van Kenia, William Ruto, sê sy land werk hard om die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) en Uganda te beveg.
Die uitbreking het reeds meer as 200 lewens in die DRK geëis, terwyl Kenia vry is van die jongste uitbreking.
Ruto sê egter dit is belangrik om voorbereid te wees. Hy sê Kenia toets almal wat die land binnekom om infeksies te voorkom.








Comments