top of page

Kenner waarsku oor belastingrisiko’s verbonde aan aftree-onttrekkings

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 10
  • 1 min read

Onttrekkings uit die tweepot-aftreestelsel kom met versteekte belastingrisiko’s wat later probleme kan veroorsaak. Dit is volgens die hoof van Beste Korporatiewe Praktyke by Alex Forbes, Vickie Lange.

Oor die afgelope jaar het Suid-Afrikaners meer as nege-komma-vyf-miljard rand uit hul spaarpotte onttrek, hoofsaaklik om skuld af te betaal of basiese lewenskostes te dek.

Lange sê dit toon die moeilike finansiële omgewing waarin Suid-Afrikaners verkeer, maar waarsku dat onttrekkings ‘n dubbele koste het.

Sy voeg by dat diegene wat geld onttrek nie besef dat dit hulle in ‘n hoër belastingkategorie kan plaas nie, wat kan lei tot meer skuld aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens aan die einde van die belastingjaar.

 
 
 

Comments


bottom of page