Kenners beveel aan dat SA sy beeskudde proaktief teen bek-en-klouseer inent
- Saamgestel deur Jana Roos

- Mar 1
- 1 min read
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê kenners het aanbeveel dat Suid-Afrika beeskuddes proaktief teen bek-en-klouseer inent, eerder as om nuwe gevalle na te jaag.
Die voorstel kom weens suksesvolle modelle wat voorheen in Argentinië en Brasilië gebruik is om wydverspreide uitbrekings te beperk.
Steenhuisen sê tans beoog die regering om 80 persent van die land se 14-miljoen kudde teen die einde van die jaar in te ent om die verspreiding van bek-en-klouseer te bekamp. Hy sê die land benodig vanjaar 28 miljoen entstofdosisse om die landwye uitbreking te stuit, met verbintenisse wat reeds vir 13-komma-vyf-miljoen dosisse verseker is.







Comments