Kenners meen Dimpane is nie opgewasse vir die pos as polisiehoof nie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 25
- 1 min read
Suid-Afrika se nuwe waarnemende polisiehoof, lt.genl. Puleng Dimpane, is volgens ’n ontleder nie die regte persoon vir die pos nie.
Netwerk24 berig ’n onafhanklike polisieontleder, Mxolisi Mathebula, meen Dimpane se aanstelling kan sake binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens bemoeilik.
Hy sê dat alhoewel Dimpane lank binne die strukture van die SAPD gedien het, was dit hoofsaaklik in administratiewe rolle. Sy was nie ’n konstabel of sersant nie, wat beteken sy verstaan nie die uitdagings wat polisielede ervaar nie. Mathebula sê die polisie benodig iemand wat álle prosesse verstaan, en voeg by iemand wat net finansies ken, gaan nie baie suksesvol wees nie.
Hy sê selfs al neem Dimpane besluite, kan die leierskorps om haar haar doelbewus mislei.
Rosestad-nuus het vroeër berig president Cyril Ramaphosa het die nasionale polisiekommissaris, genl. Fannie Masemola, geskors, en aangekondig Dimpane, die finansiële hoof van die polisie, in sy plek sal waarneem.








Comments