Kenners sê bendegeweld is die polisie se probleem
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 17
- 1 min read
Kenners sê die regering moet ervare polisie-speurders gebruik om bendegeweld te beveg en nie die weermag nie.
President Cyril Ramaphosa het verlede week tydens sy staatsrede aangekondig dat die weermag in gebiede met bendegeweld in die land ontplooi sal word. Kenners glo dat die polisie die vaardighede het om die geweld te beveg, maar nie die wil om dit te doen nie.
Intussen het Rosestad-nuus vroeër berig 'n studie deur die Universiteit van Stellenbosch het beving dat soldate grootliks ontevrede is wanneer hulle vir binnelandse missies ontplooi word. Hulle voel dat binnelandse ontplooiings nie is waarvoor die weermag gestig is nie en dat hulle misbruik word.








Comments