Kenners voorspel brandstofheffings kan verhoog

Feb 10, 2025
1 min read
Kenners voorspel dat die minister van finansies, Enoch Godongwana, brandstofheffings in vanjaar se begrotingsrede kan verhoog. Die Algemene Brandstofheffing beloop tans 18% van die kleinhandelprys, terwyl die Padongelukkefondsheffing sowat 10% is. Volgens Deloitte, 'n toonaangewende wêreldwye verskaffer van finansiële- en risiko-advies, kan die koolstofbrandstofheffing ook styg. Hulle waarsku dat dié belastingverhogings meer druk op verbruikers kan plaas.








Comments