Kerndienspakket vir gesondheidsorg word ondersoek
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 6 days ago
- 1 min read
Die Raad van Gesondheidsorgbefondsers gaan die ontwikkeling van 'n kerndienspakket vir Suid-Afrika ondersoek om toegang tot noodsaaklike gesondheidsorgdienste uit te brei.
Die aankondiging is tydens die raad se konferensie in Kaapstad gemaak.
Volgens die raad sal die pakket as 'n beginpunt dien om noodsaaklike gesondheidsorgdienste vir Suid-Afrika te omskryf.
Die raad se besturende direkteur, dokter Katlego Mothudi, sê pasiënte moet die middelpunt van die gesondheidstelsel wees.








Comments