top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kersfees kom vroeg by die Wanderers-stadion

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 23, 2024
1 min read

Terwyl ons liewer die Proteas se derde eendagwedstryd teen Pakistan wil vergeet, was dit 'n onvergeetlike dag vir ondersteuners by die Wanderers-stadion. Primedia berig Kersfees het vroeg gekom vir 'n gelukkige paartjie wat hul pasgebore seuntjie by die stadion se mediese sentrum verwelkom het. Die boodskap op die grootskerm het gelui: baie geluk Mnr en Mev Rabeng met die geboorte van julle gesonde seun. Intussen het 'n man die 'Pink Day'-geleentheid gebruik om sy vriendin te vra om te trou. Te oordeel aan haar geskokte reaksie, het sy duidelik nie die vraag verwag nie.

 
 
 

Comments


bottom of page