top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Khan vra vir getuienis agter geslote deure

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 37 minutes ago
  • 1 min read

Die geskorste misdaadintelligensiebeampte, generaal-majoor Feroz Khan, se regspan het aansoek gedoen dat sy getuienis voor die Madlanga-kommissie van ondersoek agter geslote deure aangehoor word.


eNCA berig Khan is steeds in die hospitaal nadat hy Sondag tydens 'n vermoedelike sluipmoordpoging geskiet is.


Volgens sy prokureur, Zubair Khan, is sy kliënt bereid om te getuig mits voldoende veiligheidsmaatreëls in plek is.


Hy sê die versoek is nie net vir Khan se veiligheid nie, maar ook om die intelligensiebedryf te beskerm en te verseker dat die identiteit van informante vertroulik bly.


Feroz Khan. FOTO: Daily Maverick
Feroz Khan. FOTO: Daily Maverick

 
 
 

Comments


bottom of page