KI dalk binnekort in TB-diagnose gebruik
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 3, 2025
- 1 min read
Navorsers aan die Stellenbosch Universiteit (SU) speel ‘n leidende rol in ‘n globale toetsprojek wat die gebruik van kunsmatige intelligensie inspan om tuberkulose (TB) te diagnoseer.
Nova News berig ‘n professor aan die SU, Grant Theron, sê dikwels word pasiënte onnodiglik getoets, terwyl dié wat dit nodig het, nie die behoorlike toetse ontvang nie.
Die projek beoog dus om ‘n algoritme te ontwikkel en toets wat gesondheidsorgpraktisyns in staat sal stel om TB-gevalle te bespeur deur middel van ‘n draagbare ultraklank-toestel en ‘n slimfoon.
Die projek sal op 1 September begin, in samewerking met die Switserse Federale Insitiuut van Tegnologie van Lausanne en die Nasionale Onderrigsentrum vir Pneumologie en Tuberkulose in Benin.






Comments