top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'KI moenie werksgeleenthede vernietig nie'

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 23
  • 1 min read

Ons moet ’n handves ontwikkel sodat KI nie werksgeleenthede vernietig nie. So het adjunk-president Paul Mashatile by die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac) se jaarlikse arbeidskool gesê.


Netwerk24 berig hy sê geen werker mag deur ’n algoritme alleen bestuur of ontslaan word nie. Tegnologie moet werkers bemagtig, nie hulle en hul waardigheid vervang nie. Hy voeg by KI transformeer reeds sektore, van vraglogistiek by Transnet tot voorspellende instandhouding by Eskom, en terwyl hierdie innovasies doeltreffendheid verbeter, hervorm dit ook werk en vereis dit nuwe vaardighede.


Volgens hom moet 'n handves ontwikkel word sodat KI nie werksgeleenthede vernietig nie.


Mashatile benadruk dat ’n moeilike werklikheid Suid-Afrikaners in die gesig staar en dat die arbeidsmark aan die verander is. Werkers moet deel in produktiwiteitswinste en werkers wat deur tegnologiese verandering geraak word, moet heropgelei en ondersteun word.


Hy voeg by die opkoms van KI moet die hoof gebied word.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page