Kind van 12 ry glo 14-jarige voetganger dood
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 9, 2025
- 1 min read
'n Kind van 12-jaar-oud is in hegtenis geneem nadat hy glo 'n ongeluk veroorsaak het wat die lewe van 'n 14-jarige in Brakpan geëis het. Eyewitness News berig daar word verstaan dat die Ekurhuleni-metropolisie na die toneel ontbied is nadat 'n voertuig, wat glo deur die 12-jarige kind bestuur is, teen 'n huis se muur gebots het. Die kind het glo versuim om 'n stopteken te gehoorsaam en het gevolglik die 14-jarige tienervoetganger getref. Paramedici het die tiener op die toneel dood verklaar. Die 12-jarige kind is saam met sy voog aan die Brakpan-polisie oorhandig.






Comments