top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kinders hierdie week slagoffers in Bloemfonteinse howe

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 16, 2024
1 min read

Twee hofsake hierdie week dui daarop dat daar 'n paar kinders in Bloemfontein is wie nie veilig by hul huis en skool was nie. Die polisie se woordvoerder, Loraine Earle, sê hulle is vroeër bewus gemaak van 'n tweejarige seuntjie met ernstige wonde by Pelonomi Hospitaal. Hy het die beserings opgedoen na beweerde aanranding deur sy ma en haar drie vriende. Die vier mense wat darvan aangekla word dat hulle kinders na bewering erg aangerand het, is Donderdag weer voor die hof om om borgtog aansoek te doen.Meer onlangs het 'n 17-jarige meisie by haar ma gerapporteer dat haar onderwyser van 'n skool in Willows haar glo verkrag het terwyl sy eksamen geskryf het en hy toesig gehou het. Hy verskyn Woensdag in die hof vir aansoek om borgtog.Al die beskuldigdes het in aanhouding gebly.

 
 
 

Comments


bottom of page