top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kinders in Welkom behandel weens vermoedelik besmette koekies

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 13, 2024
1 min read

Amper 40 kinders van Daluvuyo Primêre Skool is Woensdagoggend by die Bongani Streekhospitaal in Welkom behandel nadat hulle met jeukerige vel en ander verwante simptome opgedaag het. Daar word vermoed dat die kinders koekies geëet het wat met onbekende tablette gemeng is. Volgens die woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Gesondheid, Mondli Mvambi, is die kinders by die Bongani Streekhospitaal ondersoek en met medikasie ontslaan. LEES MEER: Druk neem toe op regering om regulering van Spaza-winkels te vertserk Die departement het omgewingsgesondheidpraktisyns na die gebied gestuur om ondersoek in te stel en bewysstukke oor die oorsaak van die kinders se simptome in te samel.

 
 
 

Comments


bottom of page