'Kinders moenie grondslagfase-grade kan herhaal nie'
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 6
- 1 min read
Suid-Afrika oorweeg dit om skole te keer om leerlinge in graad 1 tot 3 terug te hou.
Die Departement van Basiese Onderwys se aksieplan vir 2029 toon dat die aantal leerlinge wat dié grade herhaal, tot net meer as 8% gedaal het. Die vermindering tot 0% sal glo help om klasgroottes te verminder.
Die Raad van Onderwysministers het in 2019 besluit om nie leerlinge in graad 1 tot 3 toe te laat om te herhaal nie, maar die besluit moet nog geïmplementeer word.
Op hoërskoolvlak heers daar steeds onsekerheid of vanjaar se matriekuitslae nog in die media gepubliseer kan word. Dit is omdat die Inligtingsreguleerder wag op die hooggeregshof in Pretoria se besluit oor sy aansoek om verlof tot appèl te doen teen die hof, wat sy afdwingingskennisgewig tersyde gestel het.
As die hof nie ʼn besluit teen volgende week Maandag maak nie, mag die departement nie die matriekuitslae in die media publiseer nie.







Comments