top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Klagte teen Truecaller word ondersoek

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 10, 2025
1 min read

Die land se Inligtingsreguleerder sê dat hulle ‘n klagte wat hulle teen die oproepsiftingsplatform, Truecaller, ontvang het, ondersoek. Verskeie maatskappye het die reguleerder in Junie genader om kommer uit te spreek oor die platform se skadelike impak op hul besighede. Die maatskappye beweer dat die toepassing hul nommers as strooipos gemerk het en hulle ‘n maandelikse fooi gehef het om op die witlys geplaas te word. Volgens MyBroadband sê die reguleerder dat hulle slegs kan ingryp as Truecaller enige bepalings van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting oortree het.

 
 
 

Comments


bottom of page