Klagtes oor onafhanklike skole in die Vrystaat word aangespreek
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 8
- 1 min read
Updated: Mar 9
Die Vrystaatse Departement van Onderwys sê hy spreek kommer aan oor die bestuur en prestasie van sommige onafhanklike skole in die provinsie.
Volgens ’n plasing op die departement se sosiale media blaaie het klagtes van ouers en ander onderwysbelanghebbendes, sowel as moniteringsbesoeke, verskeie probleme uitgelig.
Dit sluit die aanstelling van ongekwalifiseerde onderwysers, onderwysers wat gereeld afwesig is en onreëlmatige betaling van opvoeders in.
Daar is ook kommer oor infrastruktuur by sommige skole waar klasse glo in woonhuise aangebied word, asook ’n tekort aan leer- en onderrigmateriaal.
Die LUR vir onderwys, Julia Maboya, het intussen in Bloemfontein met skoolhoofde en eienaars van onafhanklike skole in die provinsie vergader om die kwessies te bespreek.








Comments