Klein besighede het ‘n krisis op hande
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 27, 2025
- 1 min read
Daar is kommer oor die krisis waarmee klein besighede in die land te kampe het.
Lede van die parlement se Portefeuljekomitee oor Kleinsake-ontwikkeling het ‘n inligtingsessie van die Buro vir Marknavorsing van die Universiteit van Suid-Afrika ontvang.
Die buro waarsku dat een uit elke 10 klein besighede in die land onmiddellike sluiting in die gesig staar.
Dit is as gevolg van uitdagings wat ‘n gebrek aan finansiering en logistiek insluit.
Hierdie besighede staar ook onnodige burokrasie in die gesig en word van befondsing uitgesluit.







Comments