top of page

Klein Bloemfonteinertjie, Janique Venter, se gewas is terug

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 4
  • 1 min read

Die gewas in die klein Bloemfonteinertjie, Janique Venter, se nek het teruggekeer en reeds na haar brein versprei.


Luidens ‘n plasing op sosiale media sal ‘n hoogs gekwalifiseerde chirurg van Kaapstad vroeg volgende maand in Bloemfontein op haar opereer.


Dit sal nie 'n eenmalige prosedure wees nie, maar eerder 'n baie moeilike en voortdurende reis vir Janique en haar ouers.


Vorige chemoterapie- en bestralingsbehandelings het ongelukkig nie gewerk nie, en die enigste pad vorentoe is deur herhaalde operasies om die gewas te verwyder totdat dit heeltemal weg is.


Rosestad-nuus het vroeër berig klein Janique is op ses maande met ‘n kwaadaardige gewas aan die regterkant van haar nek gediagnoseer, wat druk op haar lugpyp veroorsaak het.


Tydens ‘n operasie vroeër vanjaar in Memphis - Tennessee, is dié gewas uit haar nek te verwyder.


Janique Venter. FOTO: Facebook
Janique Venter. FOTO: Facebook


Comments


bottom of page