top of page

Klein Bloemfonteinertjie se poets boemerang

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 7, 2025
  • 1 min read

‘n Klein Bloemfonteiner wat haar ma ‘n poets wou bak, se plan het geboemerang.


Netwerk24 berig sy wou voorgee dat haar vinger in die bad se kraan vas sit, maar toe sit haar so vinger so vas dat die brandweer die kraan moes kom afsny.


Die agtjarige Phatsimo Sinyanya, het kort na sy haar vinger in die kraan gedruk het, besef dat sy hom nie weer kan uitkry nie.


Haar ma Lucy sê hulle het alles probeer, van skottelgoedseep tot room.


Na vele probeerslae het hulle besluit om die nooddienste te ontbied.


Die gebreekte kraan lê nou in ‘n laai in die gesin se sitkamer.


Hulle spot en sê hulle gaan dit raam en vir klein Phatsimo op haar 21ste verjaarsdagpartytjie teruggee.


Phatsimo Sinyanya. FOTO: Netwerk24
Phatsimo Sinyanya. FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page