Klein Bloemfonteinertjie verloor sy oor in hondaanval
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 3
- 1 min read
Die vierjarige JC Joubert van Bloemfontein het sy linkeroor verloor nadat hy op 27 Mei vanjaar deur hul bulterriër aangeval is.
Hy het sedertdien al drie operasies ondergaan en het meer as 200 steke gekry.
Netwerk24 berig JC se ma, Liesel Joubert, sê dokters is bekommerd oor die wond waar vel van JC se bobeen af vir ‘n veloorplanting geneem is.
Die aanval het plaasgevind terwyl JC se sewejarige broer net kon toekyk. Sy oupa was by die huis.
JC is na die Pelonomi-hospitaal gehaas, en later oorgeplaas na Universitas-hospitaal vir ‘n noodoperasie.
Die hond is dieselfde dag deur die DBV van die eiendom verwyder.





Comments