Klein Jana oppad terug plaas toe nadat haar pa haar raak gery het
- Ilde Roos

- Oct 23
- 1 min read
Die 19 maande oue Jana Steyn, wat net twee maande gelede amper by die dood omgedraai het ná ’n fratsongeluk op haar ouers se plaas naby Koster in Noordwes, is op pad terug plaas toe.
Maroela Media berig Jana se ma, Kelly Steyn, sê nie een van die terapeute sien enigiets raak wat nie reg is nie. Inteendeel, sy herstel vinniger as wat hulle gedink het sy gaan. Die terapeute sê sy versterk letterlik by die uur.
Jana se pa, Shaun, het in Augustus per ongeluk met sy bakkie oor haar gery nadat sy uit die bloute na sy bakkie gehardloop het en hy het haar nie gesien het nie.
Sy was aanvanklik vir meer as ʼn maand onder verdowing.
Die ongeluk het ernstige kopbeserings veroorsaak, maar ondanks die omvang van haar beserings, het Jana geen permanente skade opgedoen nie.
Sy gaan volgende maand met spelterapie begin om haar brein verder te stimuleer.






Comments