top of page

Klimaatsverandering bedreig Suid-Afrika se ekonomie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 28, 2025
  • 1 min read

Klimaatsverandering kan Suid-Afrika se ekonomiese groei met soveel as 45% teen die einde van die eeu verminder. Volgens die jongste studie deur die Australiese ekonoom, dokter Timothy Neal, is dit bo die wêreldgemiddelde van 40%. Die studie waarsku dat klimaatsverandering Suid-Afrikaanse boere in koeler streke meer as mededingers kan beïnvloed, wat hul wêreldwye mededingendheid kan verminder. Die verslag voer aan dat tradisionele ekonomiese modelle klimaatsverandering onderskat het en slegs op plaaslike weergebeurtenisse gefokus het. Navorsers voeg by wêreldwye klimaatskokke moet in ag geneem word.

 
 
 

Comments


bottom of page