Klimaatsverandering beinvloed SA se vermoë om bevolking te voed
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 11, 2025
- 1 min read
Klimaatsverandering hou 'n ernstige bedreiging in vir Suid-Afrika se vermoë om sy groeiende bevolking in die toekoms te voed.
Volgens 'n navorsingsgenoot aan die Universiteit Stellenbosch se Sakeskool, Roscoe van Wyk, moet Suid-Afrika dringend klimaatslim-boerderypraktyke begin aanneem.
Volgens Maroela Media is mielies ʼn stapelvoedsel vir talle armes en pryse styg soms jaarliks met tot 30% weens klimaatsverandering.
Van Wyk sê hierdie situasie gaan net vererger sonder ’n nuwe benadering tot landbou.
Hy het benadruk dat groei in landbouproduktiwiteit twee tot drie keer meer doeltreffend is om armoede te verminder as soortgelyke groei in ander sektore soos mynbou of vervaardiging.
Hy sê landbou skep nie net werksgeleenthede nie, dit verhoog huishoudelike inkomste en dra direk tot ʼn groter voedselvoorraad by.







Comments