top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

KMMO’s in Bloem word aangemoedig om werksgeleenthede te skep

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 22, 2024
1 min read

Ter viering van entrepreneurskapsmaand het die Vrystaatse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, saam met sleutelbelanghebbendes, die eerste aflewering van die tweedaagse sessies vir motorwerktuigkundiges gehou. Entrepreneurs is tydens die sessie by die Boikhuco Ouetehuis, in Bochabela, Bloemfontein, toegerus om aan befondsing te voldoen. Die departement het ook klein, medium en mikro-ondernemings (KMMO's) aangemoedig om ‘n innoverende entrepreneursingesteldheid te ontwikkel om met die ekonomie se groei te help asook om broodnodige werksgeleenthede te skep. KMMO’s in die paneelklop-, formele en agterplaas-motorwerktuigkundiges, insleep, herwinning asook die bandebedryf word tydens die sessies op gefokus.

 
 
 

Comments


bottom of page