top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'Knock-out-span' lewer steeds suksesse

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 18, 2024
1 min read

Die "Knock-out-span", wat saam met privaat sekuriteit werk, gaan voort om die onwettige mynbou in die Lejweleputswa-distrik, in die Vrystaat, af te breek en om die gebied teen onwettige mynbou te beskerm. Operasie Knock Out het in 2018 afgeskop en sedertdien het hierdie lede konsekwent op 'n weeklikse basis suksesse opgelewer. Hulle fokus op onwettige mynaktiwiteite, onwettige mynbou, trio-misdade en die ondersoek van hierdie misdade. Die afgelope week is verskeie verdagtes vir verskillende misdade inhegtenis geneem, insluitend agt vir betreding, 24 vir die besit van goudhoudende materiaal, asook is 102 verdagtes vir oortreding van die immigrasiewet en twee vir bedrog. Volgens polisie woordvoerder, Lorraine Earle, werk die lede dag en nag saam met hul eweknieë in die private sekuriteitsektor, om voort te gaan om onwettige mynbou hok te slaan.

 
 
 

Comments


bottom of page