top of page

Koeberg Eenheid 1 is suksesvol by die nasionale kragnetwerk herkoppel

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 30
  • 1 min read

Eskom se Eenheid 1 by die Koeberg-kernkragsentrale is weer aan die nasionale netwerk gekoppel.


Die kragverskaffer sê dit is ‘n belangrike mylpaal in die verdere verbetering van die sekuriteit van Suid-Afrika se elektrisiteitsvoorsiening en die terugbesorging van 930 megawatt.


Beide Koeberg-eenheid 1 en Eenheid 2 is tans aanlyn, met Eenheid 1 wat besig is om voorsiening op te bou.


Sodra die eenheid volle uitset bereik sal die twee eenhede gesamentlik meer as 1 860 megawatt kapasiteit aan die nasionale netwerk verskaf.


Dit is ongeveer 5% van Eskom se totale elektrisiteitsuitset.


Ter illustrasie. FOTO: BizNEWS
Ter illustrasie. FOTO: BizNEWS

Comments


bottom of page