top of page

Koeberg-kernkragstasie se veiligheidstelsels is ten volle funksioneel

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 25
  • 1 min read

Eskom het bevestig dat alle veiligheidskritieke stelsels by die Koeberg-kernkragstasie ten volle funksioneel is en voortdurend verbeter. Dit volg op berigte wat beweer dat die kragverskaffer nie die veiligheid by die substasie prioritiseer nie. Eskom verseker publiek dat Koeberg se inperkingsgeboue en betonkoepels streng strukturele toetse ondergaan het. Volgens Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, is die aanleg een van die mees noukeurig gemoniteerde en goed onderhoue kernfasiliteite in Afrika. Sy voeg by Eskom sal voortgaan om in die aanleg se veiligheidstelsels en infrastruktuur te belê om te verseker dat dit ‘n betroubare en veilige energiebron bly.

 
 
 

Comments


bottom of page