Koeberg Kernkragstasie verseker 20-jaar lisensieverlenging
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 7, 2025
- 1 min read
Eskom het aangekondig dat die Nasionale Kern-reguleerder ‘n 20-jaar lisensieverlenging vir Koeberg Kernkragstasie Eenheid 2 goedgekeur het, wat voortgesette bedryf tot 9 November 2045 moontlik maak.
Dit volg op Eskom se suksesvolle en omvattende aansoek.
Die kragverskaffer sê die goedkeuring is ‘n belangrike stap in die versterking van Suid-Afrika se langtermyn-energiesekerheid en weerspieël sy verbintenis tot die handhawing van wêreldklas kernveiligheidstandaarde.
Die eenheid dra tans 946 megawatt tot die nasionale netwerk by.
Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die eenheid het uitsonderlike betroubaarheid getoon deur vanjaar vir 241 agtereenvolgende dae teen ‘n 100% energie-beskikbaarheids-faktor te werk.
LUISTER:







Comments