Koeberg-kragstasie nog 'n maand buite werking
- Armando Pieters

- Jul 15
- 1 min read
Die beplande versieningswerk by Koeberg Eenheid 1 sal met ongeveer 'n maand vertraag word.
Eskom het aangekondig dat die eenheid nou teen Augustus weer operasioneel sal wees.
BusinessTech berig dié kernkragstasie van 930 MW is tans onaktief vir die tweede fase van 'n langtermyn-operasie, en moes aanvanklik in Julie weer operasioneel wees. Dié datum is egter na Augustus geskuif aangesien probleme tydens inspeksies na vore gekom het.
Eskom sê daar is foute geïdentifiseer by vier uit die duisende metaalbuise wat geïnspekteer is in twee van die nuut-geïnstalleerde kragopwekkers.
Volgens Eskom sal die veranderde datum van inwerkingtreding vir Koeberg Eenhed 1 nie die risiko van beurtkrag verhoog nie, aangesien daar voldoende kapasiteit is om aan die behoefte te voorsien.





Comments