top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Koedoemis kan gebruik word om wildbevolkings te tel

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 23
1 min read

Koedoemis kan nou gebruik word om wildbevolkings te tel. Dit is volgens navorsing van PhD-student Ruan Jacobs van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Departement Genetika.


Netwerk24 berig die studie bewys dat DNS, wat uit koedoemis onttrek word, gebruik kan word om wildbevolkings se getalle akkuraat te skat – sonder dat die diere gevang of selfs gesien hoef te word.


Volgens Jacobs se studieleier, Paul Grobler, bied die tegniek veel meer as net ’n koptelling. Hy sê 'n dier se geslag kan ook so bepaal word en ook watter parasiete dit dra, wat waardevolle inligting oor die gesondheid van die bevolking verskaf.


Die tegniek kan veral waardevol wees vir skaars en ontwykende diere wat moeilik met tradisionele opnames getel kan word, soos aardwolwe, bruinhiënas, rivierkonyne, bak-oor-jakkalse en klein wildekatte.


Volgens Grobler is die metode ook baie minder indringend as konvensionele opnametegnieke.


Koedoemis word vir data versamel. FOTO: Universiteit van die Vrystaat
Koedoemis word vir data versamel. FOTO: Universiteit van die Vrystaat

 
 
 

Comments


bottom of page