top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Koffieliefhebbers trek aan kortste end

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 28, 2024
1 min read

Die prys van Arabica-koffie het die hoogste vlak sedert 1977 bereik en het ook 'n byna dertigjaar-hoogtepunt oorskry. Brasilië, die wêreld se grootste koffievervaardiger, het vanjaar 'n rekorddroogte ervaar. MSN berig koffieboere is bekommerd oor die produksiepotensiaal van hul oes, ten spyte van die goeie reënval in Oktober. Boere verkoop glo net wat nodig is, wat die plaaslike aanbod verder beperk. Intussen het Viëtnam se Robusta-boon, wat vir kitskoffie gebruik word, ook 'n aanbodtekort weens droogte ervaar.

 
 
 

Comments


bottom of page