Koffiepryse styg steeds
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 28, 2025
- 1 min read
Suid-Afrikaanse koffiepryse gaan in 2025 steeds die hoogte inskiet, ondanks laer algemene inflasie. Volgens Stats SA het die inflasie vir warm drankies in Maart 2025 meer as 14% beloop, met koffiepryse wat met byna 19% gestyg het. Business Tech berig dat globale probleme soos swak oeste in Viëtnam, Indonesië en Brasilië, verhoogde verskepingskoste en handelsspanning onder die Trump-administrasie, dryf pryse verder op. Plaaslike koffiehandelaar Quaffee waarsku dat produksietekorte, hoër tariewe, en ’n wisselvallige rand koffie duurder maak. Langtermyn-faktore soos klimaatverandering, verouderende bome en boere vererger die probleem. Quaffee het reeds pryse met 20% tot 30% verhoog en waarsku dat verdere stygings moontlik is.







Comments